OUDTSHOORN GHOLF NUUS - Skillie Pretorius het Saterdag 7 Julie se Oudtshoorn-gholfklub individuele Stableford-gholfdag met 39 punte gewen.
Pieter Pretorius en Kobus Grebenhouw was op 'n 38 punte uittel onderskeidelik tweede en derde. Griebenhouw het ook op die 12de putjie die bal die naaste aan die pen geslaan en die boerpot gewen.
Spog tweehoue is deur Lwellyn Rheeder (derde putjie) Chloe Malgas-Kelpin (derde putjie en PD Swanepoel (derde en agtste putjies) geslaan.
Woensdag 5 Julie het Gerrit van Rensburg met 40 punte gewen. Niel Truter (39 punte) was tweede en Terry van Coller (37 punte) het die derde plek losgeslaan.
Van Rensburg en Pieter Strauss het die boerpot gedeel.
Op die 15de putjie het Annelie van der Westhuizen die naaste aan die pen geslaan. AO Theunissen het op die agtste putjie 'n spog tweehou geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'