OUDTSHOORN GHOLFNUUS - William Phillipus het verlede Saterdag die Oudtshoorn-gholfklub se eerste vleisdagtoernooi sedert inperking met 'n telling van 40 punte gewen.
Altesaam 60 spelers het op die dag afgeslaan wat in die individuele Stableford-formaat beslis is.
Daniël Boks was op 'n uittel van 39 punte in die tweede plek, gevolg deur André Plaatjies wat in die derde plek geëindig het.
Phillipus se gholfstokke was aan die brand en hy het ook die boerpot ingepalm, asook 'n spogtwee op die tiende putjie behaal.
Louis Fourie (jr.) het op die agste putjie die naaste aan die penne geslaan.
Bruce Younge, operasionele bestuurder van GholfRSA, het ook verlede Vrydag die Oudtshoorn-gholfklub vir die eerste keer besoek om 'n potjie gholf te speel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'