OUDTSHOORN NUUS - Paul Stroebel (41 punte) het Saterdag 30 September se Oudtshoorn-gholfklub maandelikse Vleisdag gewen.
Op 'n uittel met 39 punte elk, was Anneline Badenhorst, Ian Laubscher en Magda Ferreira onderskeidelik tweede, derde en vierde. Heinrich Victor (38 punte) was vyfde.
Stroebel, Conroy Mulder en Deon van Dyk het die boerpot gedeel.
Op die twaalfde putjie was Willem Burger die naaste aan die pen.
Woensdag 27 September het Ettienne Roos met 39 punte gewen. Hier was Francois Verwey en Frans Cilliers onderskeidelik tweede en derde op 'n 37 punte uittel.
Louis Slabbert het die vierde plek losgeslaan. Anton Theunissen het die boerpot gewen en op die agtste putjie was Gideon Badenhorst die naaste aan die pen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'