In die beurtspelle het Martiens Dyssel en Garth Matthews hul wedstryd teen P Hough en A Ntsulungi halveer. Desmond en Dimitri Malgas het P Laubscher en J Crafford, Clive Brandt en Clement Rex vir B de Wee en J Terblanche en Winston Coerecius en Phil Moony vir J Frans en D Breda geklop.
Desmond Malgas, Dyssel, Brandt, Coerecius, Mooney en Rex het daarna ook in die enkelspelle geseëvier om die wedstryd oortuigend te wen.
Oudtshoorn B het egter sy wedstryd teen die Louis Oosthuizen Akademiespan met 7-2 verloor. Louis Fourie (jr.) en Pequestro Dyssel was Oudtshoorn se enigste wenners.
Oudtshoorn se vrouespan, wat vanjaar deur Suid-Kaap Finansiële Dienste geborg word, het Maandag sy silwer ligawedstryd in die kompetisie van die Suid-Kaap Gholfunie teen Fancourt met 4-2 verloor.
Anneline Badenhorst was die enigste wat haar wedstryd kon wen terwyl Annalie van der Westhuizen en Celeste Barnard gelykop gespeel het.
In Saterdag se pienkbal-klubkompetisie het Jaco Mortlock met 36 Stableford-punte die eerste prys gewen. Rudi Mortlock was op 'n uittel tweede met 35 punte, gevolg deur Pieta van den Heever (35), Daniel Boks (35), Louis Fourie (jr.) (34) en Jurie Neethling (34).
In verlede Woensdag se syferplus kompetisie het Ruan Harmse met skitterspel met +10 gewen. Hein Gerber was tweede met +4, Fanie Greeff derde met +3, Ferdie Jonck vier-de, ook met +3 en Hannes Smal in die vyfde plek met +1.
Die beste tellings in Saterdag se sundowner was:
Afd A: Pequestro Dyssel 18, en Phil Moo-ney 17;
Afd B: Hein Gerber 17 en Desmond Malgas 17;
Afd C: Martiens Dyssel17 en Francois Verwey 14.

Die Oudtshoorn-gholfklub se dames ligaspan het nuwe hempies ontvang waarin hulle die kompetisie gaan uitstof. Die span bestaan uit Wanta de Villiers, Ronel Berry, Pieter van Greunen (Suid-Kaap Finansiele Dienste), Celeste Barnard, Annaline Bardenhorst, Steph Nel, Annalie van der West en Leoni van Greunen. Foto: Jacques Swart