Gallery
OUDTSHOORN GHOLF-NUUS - Die jaarlikse Oudtshoorn Burgemeestersgholfdag is Saterdag deur Frans Coetzee en Lawrence Boer met ’n telling van 85 gewen.
Albei gholfspelers het al die pad van Plettenbergbaai gereis om aan diè gewilde gholfdag deel te neem.
Elkeen het met ’n halwe lam ter waarde van R1 400 weggestap.
Vanjaar was die tweede jaar wat die Burgemeestersgholfdag aangebied is.
Vanjaar het 92 spelers deelgeneem en die inskrywingsfooi was R180 per persoon wat ’n heerlike braai-ete ingesluit het.
Die doel van hierdie inisiatief was om die munisipale beursfonds ’n hupstoot te gee wat minder bevoorregte jongmense van Oudtshoorn, Dysselsdorp en De Rust in staat sal stel verder aan tersiêre inrigtings te kan studeer.
Volgens Colan Sylverster, burgemeester van Oudtshoorn, was die gholfdag baie sukesvol en het hulle R109 000 ingesamel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'