Volgens die organiseerders was daar hierdie jaar 96 vlieëniers met 160 skaalmodel-vliegtuie by die byeenkoms.
Die entoesiaste met hulle radiobeheerde vliegtuie kom jaarliks van regoor die land om Oudtshoorn se vars lug, ideale vlugtoestande en hartlike gasvryheid te geniet.
Die byeenkoms het verlede Donderdag 2 Oktober begin en Sondag geëindig.
Die vliegtuie is presies op skaal gebou en wissel in groottes van 1/6 tot 1/3 skaal.
Die verskeie kategorieë sluit vliegtuie van beide wêreldoorloë, siviele vliegtuie, helikopters, sweeftuie en selfs straalvliegtuie in.
Spesiale toestemming vir die byeenkoms word jaarliks deur die verantwoordelike lugvaartowerhede toegestaan.
Die organiseerders bedank die inwoners van Oudtshoorn vir die wyse waarop hulle deelnemers ontvang en ondersteun het.
Hulle het ook hul dank uitgespreek teenoor die aero-klub vir die gebruik van hul fasiliteite en teenoor Aifa wat spesiaal hulle opleiding vir die tyd-perk gestaak het om die byeenkoms te akkommodeer.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Die byeenkoms het nie vir almal voor die wind afgeloop nie.
'n Entoesiastiese deelnemer
Die vliegtuigies doen toertjies soos hulle lewensgrootte boeties. Foto's: Kobus le Grange
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'