OUDTSHOORN GOLF NUUS - Oudtshoorn-gholfklub het die afgelope naweek die grootste plaaslike ope gholftoernooi in die geskiedenis van die Suid Kaap gehou met bykans 100 spelers wat verlede Sondagoggend afgeslaan het.
Die toernooi is deur The Pro Shop geborg en deur die Suid-Kaap-gholfunie gereël.
Geregistreerde spelers van gholfklubs van oor die Suid-Kaap het in vier kategorieë naamlik die A- Divisie (mans en vroue), B-Divisie (Stableford-formaat) en C-Divisie deelgeneem.
Sergio Arries en André Plaatjies van die Oudtshoorn-gholfklub was die enigste spelers wat in topposisies in hierdie kategorieë geëindig het.
Die volledige uitslae is as volg:
Mans A-divisie
- Meyer Potgieter (-6) - Oubaai-gholfklub
- Barend Botha (-2) - George-gholfklub
- Grant November (-2) - George-gholfklub
Vroue A-divisie
- Lize-Marie Prinsloo (+9) - Mosselbaai-gholfklub
- Carey Dodds (+10) - Uniondale-gholfklub
B Divisie (Stableford)
- Tony Siddal (42 punte)
- Sergio Arries (39 punte)
C-divisie (Stableford)
- André Plaatjies (40 punte)
Die liefdadigheidsorganisasie, Oudtshoorn Round Table 33, het ook verlede Saterdag by die Oudtshoorn-gholfklub hul eerste geborgde vir die jaar aangebied.
Altesaam 96 spelers het in die 4BBB Scramble Drive-formaat deelgeneem wat deur Billy Capel en Arthur Manual (50 punte) gewen is.
Chloe Kelpin-Malgas Foto's: Wyndham Ewerts
Adrian Cupido in aksie.
David Greeff set vir 'n voëltjie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'