OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Rudi Mortlock het verlede Saterdag die Oudtshoorn-gholfklub se maandelikse vleisdag by die Oudtshoorn-gholfklub met 'n telling van 41 punte gewen.
Pieter Strauss was op 'n uittel van 38 punte in die tweede plek, gevolg deur Wian Badenhorst wat met dieselfde aantal punte in die derde plek was.
Skillie Pretorius het in die vierde plek geëindig, maar goedgunstiglik sy prys aan die jong opwindende gholfspeler, Sergio Arries, oorhandig wat in die vyfde plek was.
Kobus Griebenouw het op die 12de putjie die naaste aan die penne geslaan.
Tydens die prysuitdeling was daar ook 'n oomblik van stilte vir een van die gholfklub se lede, Jaco Matthee, wat verlede week oorlede is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'