OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Rudi Mortlock het verlede Saterdag die Oudtshoorn-gholfklub se individuele gholfdag met 'n telling van 39 punte gewen.
Altesaam 33 spelers het op die dag afgeslaan.
Carl du Plessis, John van der Merwe en Terrence Raath het op 'n op 'n uittel van 37 punte onderskeidelik in die tweede, derde en vierde plek geëindig.
Mortlock het ook op die 12de putjie die naaste aan die penne geslaan.
Spogtweetjies was deur Bivian Strauss, ES Pretorius, Paul Stroebel en Mortlock aangeteken.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'