OUDTSHOORN NUUS - Chloe Malgas-Kelpin het Saterdag 10 Maart die individuele Stableford-gholfdag op die Oudtshoorn-gholfbaan met 45 punte gewen.
Terry van Coller en Lindi Brill was onderskeidelik tweede en derde op 'n 40 punte-uittel.
Malgas-Kelpin het ook die boerpot gewen en op die derde putjie 'n spog tweehou geslaan.
Louis Fourie en Theo Fourie het beide op die twaalfde putjie spog tweehoue aangeteken.
Die pen is op die derde putjie geplaas en Pieter Pretorius kon daarin slaag om die naaste aan dit te slaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'