OUDTSHOORN NUUS - Dirk Kühn het Saterdag 10 Februarie die Oudtshoorn-gholfklub se individuele Stableford-gholfdag met 43 punte gewen.
Daar het 27 spelers deelgeneem, met Jaco Mortlock (39 punte) tweede en Terry van Coller (38 punte) derde.
Johan Cornelissen en Laurie Boshoff was op 'n 37 punte uittel onderskeidelik vierde en vyfde.
Llewellyn Rheeder, Ockert Horowich en Celeste Barnard het op 'n 36 punte uittel die sesde, sewende en agtste plekke losgeslaan.
Geen arende is aangeteken nie, maar Reinhart van Coller het op die agtste putjie die bal die naaste aan die pen geslaan.
Mortlock (15de putjie) en Cornelissen (12de putjie) het spog tweehoue aangeteken, terwyl Horowich die boerpot gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'