KAROO NUUS - Klein Karoo Agri (KKA) het Woensdagaand, 1 November, hul jaarlikse produsente-aand aangebied met talle boere vanoor die omgewing wat die aand bygewoon het.
Daar is toekennings aan produsente uitgegee en verskaffers het die kans gekry om hul produkte aan boere te bemark.
Onder meer is KKA se lojaliteits-program verduidelik, en het Terblanche du Plessis, besturende direkteur van KKA oor die huidige stand van die maatskappy uitgebrei.
Gassprekers het ook produsente ingelig oor onder meer die ekonomiese stand van die agri-bedryf in die Klein-Karoo, hoe belangrik dit is om verhoudings te bou in die industrie, en hoe olie- en diesel-verskaffing tans in die land en wêreldwyd aangepak word, en die invloed wat huidige oorloë hierop het.
Talle verskaffers het na afloop van die voorlegging stalletjies gehad waar daar meer uitgevind kon word oor die produkte wat deur Klein Karoo Agri verkoop word.
Verskaffers en produsente het elkeen 'n geskenkpakkie ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’