OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Ralph Koster, Jaco Zwiegelaar, Hilmar van der Berg en Smith Steenkamp was verlede Donderdag die wenners van die jaarlikse Klein Karoo Agri (KKA)-gholfdag wat by die Oudtshoorn-gholfklub plaasgevind het.
Altesaam 120 spelers het afgeslaan op die dag wat in die American Scramble Drive-formaat beslis is.
Terblanche du Plessis, Hannes van Niekerk, Gerrit Janse van Rensburg en John Scholtz was die naaswenners.
Tydens die prysuitdeling het Terblanche du Plessis (besturende direkteur van KKA) 'n tjek ter waarde van R15 000 aan Wilma Lemmer van die Eljada-nasorgsentrum oorhandig. Lemmer het haar waardering teenoor Klein Karoo Agri uitgespreek.
Du Plessis het gesê dat gemeenskaps-betrokkenheid vir Klein Karoo Agri belangrik is.
Hy het al KKA se verskaffers bedank wat bygedra het om die dag moontlik te maak. "Die dag is ook 'n geleentheid om vir ons produsente dankie te sê en die dag bring ook die verskaffers en produsente bymekaar," het hy gesê.
Die spelers is na afloop van die prysuitdeling met 'n heerlike ete getrakteer.
Terblanche du Plessis (besturende direkteur van KKA) oorhandig 'n tjek ter waarde van R15 000 aan Wilma Lemmer van die Eljada-nasorgsentrum. Regs is Francois Eyssen (ABSA) Foto verskaf.
Die manne is die ene konsentrasie. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'