OUDTSHOORN GHOLF NUUS - Jacobus King en Seppie Uys het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se 4BBBS-gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub met 'n telling van 47 punte gewen.
Die dag is Timbercity en PG Glass geborg en altesaam 62 spelers het afgeslaan.
Pieter Strauss en Skillie Pretorius was op 'n uittel van 47 punte in die tweede plek, gevolg deur Chris van Zyl en Deon van Dyk (46 punte) wat in die derde plek klaargemaak het.
Op die derde putjie het Neil Truter die naaste aan die penne geslaan, terwyl Sergio Arries op die 15de putjie dieselfde vermag het.
Van links is Paul Stroebel (klubkaptein), Tessa van Greunen (Timbercity), Donna-Lida van der Berg (PGGlass), Jacobus King (wenner), Seppie Uys (wenner), Louis Willeman (Timbercity) en Gideon Badenhorst (Oudtshoorn-sakekamer). Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'