OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Allistair Kiewiets en William Phillipus het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se gholfdag met 'n telling van 47 punte gewen.
Altesaam 51 spelers het op die dag afgeslaan, wat in die 4BBBS-formaat beslis is.
Slabber en Slabbert oogkundiges het die gholfdag geborg.
Van links is Paul Stroebel (kaptein van Oudtshoorn-gholfklub), Marita Bouwer (borg), Allistair Kiewiets (wenner), William Phillipus (wenner) en Louis Slabbert (borg). Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'