OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Warren Human en Allaister Kiewiets het die afgelope naweek die Vryburgers-liefdadigheidsorganisasie se gholfdag met 'n telling van 45 punte gewen.
Altesaam 85 spelers het op die dag afgeslaan wat in die American Scramble-formaat beslis is.
In die tweede plek was PG Mooney en Adrian Cupido met 44 punte, gevolg deur Salie en Hannes Oosthuizen wat met 43 punte in die derde plek geëindig het.
Spelers wat die naaste aan die penne geslaan het is as volg: Deon van Dyk (3de putjie), Christo Odendaal (8ste putjie), Salie Oosthuizen (12de), Piet Swanepoel (15de putjie). Louis Fourie jr. het op die 7de putjie die langste bal gedryf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'