OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Ondanks gure weer het altesaam 27 spelers verlede Saterdag by die Oudtshoorn-gholfbaan in die klub se weeklikse klubkompetisie afgeslaan.
WM Badenhorst het met 'n finale telling van 38 punte in die eerste plek geëindig. Llewellyn Rheeder en Jurie Neethling het albei op 36 punte geëindig, maar weens Rheeder se laer voorgee, het hy die tweede posisie ingeneem.
Sergio Arries was die naaste aan die pen op die derde putjie, terwyl WM Badenhorst die boerpot met 11 punte ingepalm het.
Spogtwees is deur Piet Swanepoel (agste putjie), Salie Oosthuizen (15de), Matthew Wilken (15de) en Johan van der Westhuizen op die 12de putjie aangeteken.
Paul Stroebel, klubkaptein van die Oudtshoorn-gholfklub, het gesê dat dit 'n riem onder die hart is om te sien hoe gedissiplineerd en verantwoordelik die spelers is ten opsigte van die Covid-19 veiligheidsmaatreëls wat die klub in plek gestel het.
"Die baan is ook in 'n puik toestand weens die goeie reën wat die afgelope tyd geval het," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'