OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Oudtshoorn Spar-gholfdag het Saterdag ‘n allemintige 220 spelers na die Oudtshoorn-gholfbaan gelok wat in die gekombineerde Stableford-formaat beslis is.
Dié gewilde gholfdag, wat as een van die grootstes in die provinsie beskou word, het vanjaar vir die eerste keer ook met twee pawiljoene op die 12de bof gespog.
Groot pryse was op die spel vir die wenners asook verskeie gelukstrekkings waarin deelnemers pryse ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'