OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Die jongeling Sergio Arries en Errol Pretorius het verlede Woensdag die Oudtshoorn-gholfklub se eerste geborgde 4BBBS-gholfdag, sedert die nasionale inperkings, met 'n telling van 45 punte gewen.
Die dag was deur Van der Bergh Vervoer en Volmoed Quarries geborg.
Altesaam 56 spelers het afgeslaan. Allaister Kiewiets en Warren Human was in die tweede plek met 44 punte. Louis Fourie (sr) en Louis Fourie (jr.) het op 'n uittel van 41 punte in die derde plek geëindig.
William Phillipus (derde putjie), Derick Kuhn (agste putjie), Christo Odendaal (12de putjie) en FT Pretorius (15de putjie) het die naaste aan die penne geslaan. Spogtwees is deur Garth Matthews, Derick Khun en Christo Odendaal aangeteken.
Gideon Badenhorst van die Oudtshoorn-sakekamer het tydens die prysuitdeling die spelers bedank wat opgedaag het om die gholfdag te ondersteun.
"Ons dorp se ekonomie het nou plaaslike ondersteuning nodig meer as enige iets om ons oorlewing te verseker. Dis vir hierdie rede dat ek kliënte aanmoedig om met Oudtshoorn se besighede te gesels indien hulle nie tevrede met diens is nie, of as hul pryse nie goed met ander dorp vergelyk nie. Ons moet nou meer as ooit saamstaan," het Badenhorst gesê.
Die klubkaptein, Paul Stroebel, het op sy beurt die baanopsigters bedank vir die goeie toestand waarin die baan is. Stroebel het ook die gholfspelers gemaan om steeds die Oudtshoorn-gholfklub se vasgestelde Covid-19-riglyne streng te volg ondanks verslappingsmaatreëls wat ingetree het.
Van links is Paul Stroebel (klupkaptein), Sergio Arries (wenner), Danie van der Bergh (borg) en Gideon Badenhorst (Oudtshoorn-sakekamer). Foto's: Wyndham Ewerts
In die tweede plek was Allaister Kiewiets (tweede van links) en Warren Human.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'