OUDTSHOORN GHOLF-NUUS - Groot pryse kan opgeraap word in môre se tweede burgemeestersgholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub.
Die burgemeester, Colan Sylvester, het die week 'n beroep op Oudtshoorn se gholfspelers gedoen om in groot getalle in te skryf en sodoende die munisipale beursfonds 'n stewige hupstoot te gee.
Volgens Sylvester is daar 'n groot behoefte aan beurse vir jongmense van Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp wat aan tersiêre inrigtings wil studeer.
Volgens die organiseerder, Ian Laubscher, is hulle doelwit om die bedrag wat verlede jaar ingesamel is, aansienlik te verhoog.
Die formaat van môre se kompetisie is 'n vierbal-beterbal gekombineerde stableford met twee waterpunte vir die dorstiges. Inskrywingsgeld is R180 per speler wat 'n heerlike aandete insluit.
Spelers wat nog nie ingeskryf het nie kan Laubscher by 082 881 4186 of 044 203 3976 skakel of per epos by laubscher@oudtmun.gov.za.kontak.
Die eerste spelers slaan reeds om 08:00 af.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'