OUDTSHOORN NUUS - Daniels Boks en Anton Theunissen het die afgelope naweek, met 'n telling van 48 punte, koning gekraai by die jaarlikse Eljada Kairos-gholfdag.
Die formaat waarin die spelers meegeding het was die 4BBB met sowat 50 spelers wat op die dag afgeslaan het. Skillie Pretorius en Stephen Terblanche was in die tweede plek met 47 punte.
Twee van die dag se hoofborge was Midas en Overberg Wealth and Risk Management.
Daar was R5 000 op die spel vir spelers wat 'n kolhou kon slaan, alhoewel geen speler dit kon vermag nie, sowel as R3 000 vir naaste aan die penne.
Die volgende spelers het naaste aan die penne geslaan:
- Jaques Terblanche (agtste putjie)
- Wynand Louw (derde putjie)
- Anton Kock (15de putjie)
- Riel Dyssel (12de putjie)
Een van die organiseerders van die dag wat ook 'n opvoeder by die skool is, Hendrie Calitz, het die dag as 'n groot sukses beskryf. Hennie Baartman, hoof van die skool het op sy beurt al die borge en spelers bedank vir hul ondersteuning.
Na afloop van die verrigtinge is spelers met 'n heerlike aandete getrakteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’