Soos gewoonlik is die dag goed ondersteun met 59 spelers wat op die baan was. Die klubkap-tein, Paul Stroebel, het die besigheidskamer bedank vir die wyse waarop hulle die gholfklub ondersteun, nie net deur die aanbied van die gholfdae nie, maar ook vir ondersteuning aan die klub in die algemeen.
Hy het gholfspelers daaraan herinner dat die groot finaal, waarvoor Woensdag se spel die laaste geleentheid was om te kwalifiseer, op 3 Desember plaasvind.
Op sy beurt het Gideon Badenhorst, namens die besigheidskamer, die gholfklub en al die spelers bedank vir hulle goeie ondersteuning van die besigheidskamer se gholfdae deur die jaar. Hy het ook vir AIFA hartlik bedank vir hulle borgskap van die pryse vir Woensdag se wenners.
Die eerste vyf plekke is soos volg ingeneem:
Eerste - Geoff Philps en Mark Scheepers wat elke maand van George af kom om die dag te ondersteun.
Tweede - G Janse van Rensburg en Barries Griebenouw
Derde - Pieter van Greunen en Deon Barnard
Vierde - C Barnard en L van Greunen
Vyfde - T van Coller en L Harmse
Die tweedeplekwenners was G Janse van Rensburg (regs) en Barries Griebenouw.
Klubkaptein, Paul Stroebel (links) en Susan White van AIFA by die eersteplekwenners, Geoff Philps en Mark Scheepers (regs).
Die derde plek is ingeneem deur Deon Barnard en Pieter van Greunen.
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'