OUDTSHOORN NUUS - Rudi Mortlock het Saterdag die Oudtshoorn-gholfklub se individuele Stableford-toernooi met 'n telling van 38 punte gewen.
Altesaam 44 spelers het in warm weersomstandighede afgeslaan.
Christo van Zyl was in die tweede plek met 37 punte, gevolg deur Dirk Khun wat derde geëindig het met 36 punte.
Louis Fourie en Winston Coerecius het albei daarin geslaag om arende aan te teken , terwyl Chloe Malgas-Kelpin op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan het.
Spogtwees is deur Billy Capel (3de putjie), Peter George Mooney (15de), Marthinus Oosthuizen (12de), Okkie Horowith (3de) en Chloe Malgas-Kelpin (12de) geslaan.
Tydens die prysuitdeling het Skillie Pretorius van Oudtshoorn Spar ook R5 000 aan Coronation Memorial-versorgingsoord vir bejaardes en Helen Bellinghanhof ouetehuis oorhandig.
Volgens Pretorius was Hennie de Bod van Farm Assured Meats op Beaufort-Wes verantwoordelik vir die skenking. Colleen Fourie (Helen Bellinghanhof) en Charles Basson (Coronation) het albei hul dank uitgespreek teenoor De Bod en die Oudtshoorn-gholfklub vir die handige donasie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'