OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Sergio Arries en Ian Laubscher het verlede Woensdag op 'n uittel van 46 punte die Oudtshoorn-sakekamer se maandelikse gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub gewen.
Die dag het 44 spelers gelok en was deur PG Glass en TimberCity geborg.
Louis Slabbert en F. Greeef was in die tweede plek gevolg deur Makka Swart en Barry Griebenouw wat met 45 punte in die derde plek was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'