OUDTSHOORN GHOLFNUUS - André Plaatjies en Selwyn Amsterdam het verlede Vrydag die Oudtshoorn Round Table 33 se gholfdag by die Oudtshoorn-gholfbaan met 'n telling van 51 punte gewen.
Dié tweestuks het elkeen met 'n heel lam as prys vir hul eerste plekke ingepalm.
Die formaat van Saterdag se gholfspel was die 4BBB-Scramble drive. Inskrywingsfooie vir hierdie toernooi het R250 per speler beloop (middagete ingesluit). Altesaam 90 spelers het afgeslaan.
Die organiseerders het die verskeie borge bedank vir hul ruim bydra en almal teenwoordig aangemoedig om plaaslik te ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'