LADISMITH SPORTNUUS - Young Blood-sokkerspan van Ladismith het verlede Saterdag vriend en vyand verras toe hulle Calitzdorp met vyf doele teenoor een in Ladismith geklop het.
Die wedstryd het weens vervoerprobleme van die besoekende span later as gewoonlik begin, maar kon steeds onder spreiligte voltooi word.
Volgens die afrigter van die Young Blood, Moos Fortuin, probeer die seuns hard om sokker se gewildheid weer in Ladismith te laat herleef.
"Hierdie seuns weet nie van moed opgee nie en wil met elke wedstryd verbeter. Die feit dat hulle oefeninge getrou bywoon, spreek boekdele van hul toegewydheid," het 'n trotse Fortuin gesê.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'