OUDTSHOORN NUUS- Drie leerders verbonde aan Van Reede Skool het onlangs in gimnastiek en rugby presteer.
Conlynn Saayman het vandeesmaand aan die Eden-gimnastiek proewe in Mosselbaai deelgeneem waar sy 'n bronsmedalje verower het.
Saayman gaan op 8 Junie aan die Wes-Kaapse kampioenskappe in Saldanhabaai deelneem.
Ahmeal Gertse en Reece Plaatjies is vir die SWD o.13- akademiespan gekies. Gertse en Plaatjies sal vanaf 16 tot 21 Junie in Pretoria aan 'n rugbytoernooi deelneem.
Conlynn Saaiman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’