"Ons het 'n vyf jaar plan," het Samuel van Hanzen, afrigter van United Stars, Saterdag vertel.
Hy het Saterdag met Oudtshoorn Courant gesels oor alles wat die span wil bereik en mens besef gou dat daar nie net gedroom word nie, maar ook hard gewerk word om drome te verwesenlik.
United Stars is in 2013 as wenners van die Paastoernooi gekroon. Van Hanzen se span beklee tans die topposisie in die B-liga van die plaaslike sokkerliga en promosie na die A-liga lyk na 'n uitgemaakte saak.
"Ons wil United Stars na die PSL neem, maar daarvoor is borge nodig," het Van Hanzen Saterdag vertel.
Vervoer na wedstryde, balle, speeltruie, broeke en kouse, is maar enkele van die span se groot onkostes.
Groot, as mens in ag neem dat die meeste spelers skoliere is en werkloos is.
Van Hanzen glo aan harde werk, aan dissipline, en skryf ook die span sukses ook daaraan toe.
"Die spelers is almal gewillig, hulle werk hard. Soms moet mens ook maar hard praat," het Van Hanzen verduidelik, terwyl sy span opwarm voor hul wedstryd teen Swallows United.
Van Hanzen is die neef van Herman Botha, wat die span in die lewe groep het. Botha is in 2013 oorlede, waarna Van Hanzen die leisels oorgeneem het.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Dysselsdorp se United Stars-sokkerspan, Saterdag voor hul wedstryd teen Swallows United.Foto: Jacques Swart
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'