OUDTSHOORN NUUS – Voortreflike sokker is verlede naweek op Lategansvlei by die An der Alten Försterei 2-stadion opgedis met Universal Stars, Seekooigat, Union Lategansvlei-sokkerspanne wat teen mekaar meegeding het.
Na die wedstryde is splinternuwe truie ook aan Seekoeigat se sokkerspan oorhandig wat aanvanklik vanaf Duitsland aan Lategansvlei geskenk is.
In die eerste wedstryd van die dag het Universal Stars vir Seekooigat met vyf doele teen twee geklop.
Union Lategansvlei het in die tweede wedstryd vir Universal Stars met 4 - 0 verslaan. In die derde wedstryd het Lategansvlei vir Seekooigat met drie doele teenoor een geklop.
Een van die organiseerders, Dario Urbanksi, het die afrigters Beaulah Bantim en Dulgren Damons, bedank vir 'n heerlike dag en sy wens uitgespreek dat meer sokkertoernooie in 2023 op Lategansvlei gespeel moet word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'