OUDTSHOORN SOKKERNUUS - Die sokkerspanne van Union Lategansvlei, Jonkers United, Bluewater (Oudtshoorn), Dreamteam (Oudtshoorn) en Stonebrakers van Calitzdorp het onlangs mekaar op die lower groen grasveld van die Alte Försterei 2-stadion in Lategegansvlei gepak.
Volgens Dario Urbanski is die wedstryde goed ondersteun en was die plaaslike gemeenskap verheug om weer sokker na 'n lang tyd van inperking te kon speel.
Op dieselfde veld is daar ook onlangs 'n deurry-fliekaand gehou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'