OUDTSHOORN NUUS - Meer as 200 kinders het op 9 Desember deelgeneem aan 'n sokkerdag in 17de Laan, Bridgton, as deel van die Oudtshoorn-munisipaliteit se 2019-vakansieprogram vir die jeug.
Hierdie dag is georganiseer in samewerking met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) onder leiding van die voorsitter, Pat Blaauw.
Die tema van die vakansieprogram is om sport in te span as voertuig in 'n poging om die gedrag en benadering van die jeug ten opsigte van maatskaplike euwels te help verander.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'