Gallery
TUINROETE NUUS - Oudtshoorn Infanterieskool se sokkerspan het Saterdag 24 Maart ses ligapunte ingesamel toe hy beide sy wedstryde gewen het.
In die eerste wedstryd het hulle Peace Makers met 1-0 gewen.
Die middag het hulle Mosselbaai se Sea Birds se vlerke geknip en hulle met 2-0 gewen.
Hulle beklee nou die derde posisie in die plaaslike liga.
Die infanteriskool bestuurder, Sam Kekana, sê sy span wil aan die einde van die seisoen bo-aan die liga lê om in die uitspeelwedstryde vir 'n plek in die AB Motsepe Liga te speel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'