SOKKERNUUS - Die Rising Stars en Alpha-sokkerspanne was verlede naweek bobaas by die EFA (Eden Football Academy) se finale ligawedstryde wat by die Bridgton-sportterrein gehou is.
Volgens een van die organiseerders het sowat vyf geaffilieerde spanne van die akademie aan die toernooi deelgeneem wat Aqua Lighting van Smartie Town, Rising Stars van De Villiers Primêr, Athletico-klub van die Kanaal, Principia en Alpha van die Infanterieskool ingesluit het.
Al die spanne het o.11- en o.13-spanne ingeskryf. Alpha het die o.11-kategorie gewen met Rising Stars wat in die o.13-kategorie geseëvier het.
EFA se volgende projek is die laerskole-sokkerliga 'KICK IT' wat binnekort afskop.
Die Alpha-sokkerspan kort na hul oorwinning. Foto's: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’