OUDTSHOORN SOKKER NUUS - Polisiehoogte, Bongolethu, se sokkerspan het op Jeugdag aan 'n sokkertoernooi op Lategansvlei deelgeneem en tot die halfeindronde deurgedring.
Die span het in sy eerste wedstryd gelykop gespeel en die tweede met 1-0 gewen.
Die halfeindstryde en eindstryd word komende Saterdag gespeel. Saam met die span staan die afrigter, Jason Muller (links) en spanbestuurder, Phillip Seroux (regs).