TUINROETE DISTRIK SOKKERNUUS - Die Moonlight-sokkerspan van Dysselsdorp het die afgelope naweek die Safa Eden Top 16-sokkertoernooi in Knysna teen Simuye-sokkerklub van George gewen.
Met hierdie oorwinning het dié span 'n allemintige R13 000 plus 'n groot trofee ingepalm.
Moonlight moes Eastern City (5-3), Black Cats (4-2 na doelskoppe) en Oriented Birds (2-1) klop voordat hulle vir die eindstryd kon kwalifiseer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'