Die spannende finaal teen CWC Canterbury van Kaapstad is met 2-0 gewen. Die rustyd-telling was 0-0. Greame Botha het in die 15de minuut van die tweede helfte sy span se eerste doel aangeteken. Op sy beurt het Barenito Lewis in die 25ste minuut die doelhok opgesoek.
Met die oorwinning het Moonlight `n wisseltrofee en R 12 000 kontant ontvang. CWC Canterbury het R 6 000 kontant ontvang. Die derde plek is deur Spring Roses en Junior Athletic gedeel met R 2 000 elk.
Kwarteindronde uitslae: CWC Canterbury klop Pacs United 4-0; Junior Athletics klop Springbok met doelskoppe (101) 5-4; Moonlight klop Leeds United 2-0; Spring Roses klop Plett Saints 2-1
Halfeindstryde: CWC Canterbury klop Junior Athletic met doelskoppe (4-2); Moonlight klop Spring Roses (2-0)
Springbok is die wenners van die vroue-afdeling nadat hulle Rangers met 1-0 geklop het. Geraldine Bryners se doel het aan haar span die wisseltrofeë asook R2 500 besorg. Barcalona en Spring Roses het die derde plek gedeel.
Halfeindstryde: Springbok klop Barcalona 2-0; Rangers klop Spring Roses 1-0
Wedstryde in die B-afdeling word hierdie naweek voortgesit op die Dysselsdorp sportgronde. Sondag speel Hot Spurs teen United Stars / Pirates en Springbok B speel teen Blue Waters.
Moonlight van Dysselsdorp is die 2013 Paasnaweek Sokkerkampioene. Foto verskaf