OUDTSHOORN SOKKERNUUS - Twee plaaslike sokkerklubs, Moonlight van Dysselsdorp en die Oudtshoorn Infanterieskool, het die afgelope naweek gemengde welslae in die Safa (South African Football League) streekligatoernooi behaal wat op die Bridgton-sportterrein gespeel was.
Volgens Levesto le Roux, voorsitter van Safa sowel as Eden-ligas, het die toernooi al in Maart begin en loop dit die 8ste Mei ten einde.
Die sokkerspan met die meeste punte op die punteleer na die eindwedstryd sal 'n beker geborg deur Safa en R20 000 inpalm.
Die topagt spanne op dié puntestand sal aan die einde van Mei in 'n Top-8-sokkerliga mekaar pak.
In Moonlight se eerste wedstryd het Parks United met vyf doele teenoor een afgeransel. In sy tweede wedstryd moes die span van Dysselsdorp egter die knie buig teen Simunye-sokkerklub (3-2).
Op sy beurt het Infanterie-sokkerklub weer Simunye met drie doel teenoor twee baasgeraak. Die span van die weermag het egter met drie doele teenoor die vier van Parks United vasgeval. Hierdie twee klubs toer eerskomende naweek na Knysna waar hulle onderskeidelik teen United Brothers van George en Oriented Birds van Plettenbergbaai sal kragte meet.
Die toptien spanne op die Safa-streekliga puntestand is as volg:
Black Cats (34 punte)
FC United (28 punte)
Benfica (25 punte)
Peace Makers (22 punte)
Infanterieskool ( 21 punte)
CX Celtix (20 punte)
Paris United (19 punte)
Oriented Birds (16 punte)
Moonlight (13 punte)
Parks United (12 punte)
'n Speler van Simunye (wit) voer 'n akrobatiese skop uit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'