DYSSELSDORP SOKKERNUUS - Leeds United-sokkerspan van Dysselsdorp is Sondag by die Bridgton-sportterrein as die nuwe Oudtshoorn Plaaslike Sokkervereniging (OLFA) uitklopkampioene gekroon.
Leeds het in die eindstryd teen AC Milan (ook van Dysselsdorp) te staan gekom.
Na 90 minute se speeltyd was die twee spanne gelykop met twee doele elk.
Doelskoppe was toe hul voorland met United wat eindelik met vier doelskoppe teenoor twee baas was.
Met hierdie oorwinning het Leeds United R5 000 in die sak gesteek en AC Milan R3 000.
United Stars en Young Blues was albei in die derde plek en het elk R1 000 ontvang.
Die seëvierende Leeds United-sokkerspan. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'