OUDTSHOORN NUUS - Lategansvlei het onlangs 'n suksesvolle sportdag gehou. Volgens een van die organiseerders, Dario Urbanski, het die verrigtinge weggespring met sowat 90 kinders wat aangetree het vir 'n drafkompetisie.
August Malgas van Oudtshoorn was in die eerste plek gevolg deur Damion Nuys van Lategansvlei wat in die tweede plek klaargemaak het. Aron Kiewit van Oudtshoorn was derde.
Na die draf het Young Bloods o.16-sokkerspan van Ladismith vir Lategansvlei gepak met die gasheer wat die wedstryd met 8 doele teenoor 1 gewen het.
Lategansvlei se o.12-wedstryd teen ACVV Huis Triomf is ook naelskraap met 1 - 0 gewen. Ook in die manswedstryd het Lategansvlei vir Universal Stars met 2 - 1 geklop.
Urbanski het die borge asook die braaispan Luzet and Gustav Reuter bedank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'