DYSSELSDORP NUUS - Twee sokkerklubs van Dysselsdorp is die kampioene in OLFA (Oudtshoorn Local Football Association) se 2017 / 2018 liga-afdelings.
Kock City is die nuwe kampioen van OLFA se B-liga. Die klub het in die eindstryd met Sweety Stars afgereken met 'n telling van 2-0. Kock City het die wisseltrofee, prysgeld van R2 000 en 18 medaljes gewen. Sweety Stars het R1 000 ontvang.
In die halfeindstryde het Sweety Stars Rangers met 4-2 geklop en Kock City het met 7-6 metSuper Strikers afgereken.
Springbok-sokkerklub, ook van Dysselsdorp, is die A-liga kampioen nadat hulle Barcelona Stars van korrektiewe dienste in 'n taai wedstryd met 5-4 geklop het. Die telling was aan die einde van die wedstryd gelykop met een elk. Na doelskoppe was die finale telling 5-4 ) in Springbok se guns. Die klub het die wisseltrofee, R3 000 en 20 goue medaljes gewen. Barcalona Stars het as naaswenners R2 000 ontvang.
In die halfeindstryde het Barcalona Stars Leeds United met 1-0 geklop en Springbok het United Stars met 2-1 uitgeskakel.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'