OUDTSHOORN NUUSFLITS - Twee landelike o.15-sokkerspanne van Calitzdorp en Lategansvlei het mekaar in 'n vriendskaplike wedstryd Saterdag 2 September getroef om die meeste doelskoppe.
Die wedstryd het op Stadion An Der Alten Försterei 2-sokkerveld op Lategansvlei plaasgevind.
Die eienaar en van die sokkerveld, wat sportbevordering in die Lategansvlei landelike gebied 'n prioriteit gemaak het, Dario Urbanski, het Maandag gesê: "Alhoewel Lategansvlei se kinders met 10-0 gewen het, is die wedstryde aangebied as bevordering van sport. Die telling maak nie saak nie."
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'