OUDTSHOORN FOOTBALL NEWS - Oudtshoorn Local Football Association (Olfa) se junior liga het die afgelope naweek hul halfeindstryde en eindstryde in Dysselsdorp gespeel.
Bongolethu Stars het as wenners uit die stryd getree en het St. Konrad se span met 4-2 geklop. FC Bongolethu het die derde plek verower en Black Eagles het vierde gekom.
Fedrick Prins, Olfa se ontwikkelingsbeampte, sê hy is trots op die spelers en hoe hulle deur die jaar ontwikkel het.
"Ons kinders doen regtig goed in die sokker en ons hoop om die volgende seisoen weer sulke mooi wedstryde soos die seisoen te sien."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'