OUDTSHOORN NUUS - Arsenal-sokkerklub het verlede Sondag vir Kock City in 'n OLFA-ligawedstryd met ses doele teenoor een geklop. Teen russtyd het Arsenal met twee doele teenoor een voorgeloop.
In die tweede helfde het die damwal gebars vir Kock City en het Arsenal vier doele aangeteken.
Arsenal se doele is deur Leonard Arnoldus, Stewen Hooghard, Bradley Manewil en Adrian Manewil geskop.
Edward Ewerts het twee keer die agterkant van die net laat raas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’