OUDTSHOORN SOKKERNUUS - Na 'n lang en frustrerende gewag van meer as 11 maande weens die Covid-19-inperkingreëls, gaan amateursokker weer vanaf eerskomende naweek hervat word.
Die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) het aangekondig dat provinsiale en plaaslike ligas in Maart weer mag begin, maar het gewaarsku dat Covid-19-protokolle te alle tye nagekom moet word om die risiko van verspreiding van die virus te verminder.
Alle amateurspanne kan hul oefensessies met onmiddellike effek begin. Safa het ook alle amateurspanne die groen lig gegee om daagliks registers op te stel vir gebruik tydens oefensessies en ligawedstryde.
Alle spanne word versoek om skandeerders te koop vir temperatuurkontrole.
Geen toeskouers mag oefensessies of ligawedstryde bywoon nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'