OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Een van Oudtshoorn se oudste krieketklubs, Western Hope, het onlangs 'n splinternuwe bestuur aangewys.
Volgens die voorsitter, Carlos Biljohn, kan die klub se ondersteuners binnekort 'n gedaanteverwisseling van die klub in alle opsigte verwag.
"Ons weet daar is baie uitdagings waaraan gewerk moet word om die klub weer sy gloriedae te laat herleef, maar ons is hier om ons moue op te rol. Die bestuur spog met hope ervaring en kritiese aspekte soos finansies, bemarking en die ontwikkeling en werwing van gehalte spelers is heel boaan ons doelwitte wat ons wil bereik," het Biljohn benadruk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'