OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die Neppon Warriors en die Old Crocs Ostrich Giants lyk tans na die gevaarspanne in die OPL-vlakkiekriekettoernooi nadat albei spanne die afgelope naweek hul laaste groepwedstryde oortuigend gewen het.
Die onoorwonne Warriors het teen die ProStars 119 lopies in sy 20 boulbeurte opgestapel met hul kolwer Willem Goliath, wat die meeste lopies (31) bygedra het.
Die ProStars is toe vir slegs 65 lopies uitgehaal met die Warriors se kaptein, Derick Oliphant (2/1) en Keano Coerecius (3/14) wat die meeste skade met die bal aangerig het.
'n Interessante feit is dat geen onoorwonne span in die geskiedenis van die OPL as algehele oorwinnaars gekroon is nie.
Volgens Olifant is hierdie statistiek iets wat sy span graag wil verander: "Ons is bewus dat geen onoorwonne span ooit die OPL gewen het nie, maar ons is honger om geskiedenis te maak. Ek moet ook byvoeg dat die toernooi to dusver op 'n hoëvlak gespeel is en my gevoel is dat dit wedstryde vorentoe, selfs nog moeiliker kan maak. Maar ons as span bly nederig en as ons ons kanse benut is daar geen rede waarom ons nie die toernooi kan wen nie," het Olifant gesê.
Die Samewerking-span het in sy wedstryd teen die Old Crocs 'n massiewe telling van 144 lopies in 20 boulbeurte gemoker.
Dit het beteken die Crocs van meet af aan teen 'n stywe lopietempo van sewe lopies per boulbeurt moes kolf om 'n oorwinning te smaak. 'n Onoorwonne 50-tal deur die Crocs se Marco Jansen (59) en 51 lopies deur Warren Sevierus was egter grotendeels verantwoordelik dat die Crocs hierdie opwindende wedstryd teen alle verwagtinge, in die 18e balbeurt, kon wen.
Bygesê ook het die Crocs tot dusver nog net een wedstryd toevallig teen die einste Warriors verloor.
Ander uitslae:
- Legends klop Lions
- Firestones klop Oukas
- RCB klop Rebels
- Champs klop Spartans
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'