OUDTSHOORN KRIEKET NUUS - Die Gemeenskapspolisiëringsforum in samewerking met die Oudtshoorn-munisipaliteit en jeugraad het die afgelope naweek die derde ronde van hul TOP 8-vlakkiekriekettoernooi gespeel.
Verlede week se beplande wedstryde is weens gure weer afgestel.
Die Polisie Hoogte-span is tans die voorloper op die punteleer gevolg deur Hungry Lions (10), Askamp (10), Dare Devils (7), Super Kings (7), Evolutions Stars (7), Silver stars (4) en Rose's United met slegs een punt.
Wyndham Ewerts van die Oudtshoorn Courant het die aksie afgeneem.
Een van die boulers storm in.
Hierdie kolwer het 'n massiewe ses gemoker.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'