Personeel en spelers van die Six Gun Grill Garden Route Badgers was goed verteenwoordig by die Krieket Suid-Afrika (KSA) se jaarlikse toekenningsfunksie wat Donderdag, verlede week by Vodaworld in Midrand gehou is.
Elridge Booysen, het gesamentlik die toekenning as CSA Hub-afrigter van die jaar ontvang vir sy uitstaande suksesse met die SWD Hubs-span wat gedurende Maart vanjaar die CSA Hub Challenge vir kusprovinsies gewen het.
Blayde Capell, die voorste puntemaker in die CSA Afdeling 2 Vierdagkompetisie is aangewys as die vierdagspeler van die seisoen in Afdeling 2.
Proteavroue en Garden Route Badgers-kolfheld, Tamzin Brits, het die toekenning as speler van die seisoen in die T20-beroepswedstryd gewen.
Tabitha la Grange het die toekenning as nuweling van die seisoen in die vroue binnelandse professionele liga gewen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’