OUDTSHOORN NUUS - Beide Union Stars van Oudtshoorn en George se krieketspan het hul eerste premierliga-wedstryde die afgelope naweek gewen.
Union Stars (94/3) het Western Hope ore aangesit, toe hulle die hoop uit Western Hope geboul het en hulle vir 93 lopies almal uit, terug kleedkamers toe gestuur het.
George (187 almal uit), het Pioneers se paaltjies op 155 lopies laat val om 'n 32 lopies oorwinning te verseker.
Die opsommende telkaarte is:
Union Stars teen Western Hope
- Western Hope 93 (21.5): Damian January 18, Sheldon Eksteen 4/21, Hershell America 3/27, Monre May 2/15.
- Union Stars 94/3 (18): Obus Pienaar 45*; Levano Nathan 20, Justin Jordaan 2/39.
- Union Stars wen met sewe paaltjies.
George teen Pioneers
- George 187 (49.4): Franco Geldenhuys 35, Sammy Joe Avontuur 33, Wessel van Dyk 32, Brendon Louw 6/32, Darryl Damons 2/29.
- Pioneers 155 (46): Jacques Ahrense 30, Brendon Louw 27, Carlos Koeberg 25, Grant Simpson 3/28, Glenton Stuurman 3/38, Jaco Janse van Rensburg 2/21.
- George wen met 32 lopies.
Ramblers teen Pacaltsdorp United
- Pacaltsdorp 139 (36): Neil Hornbuckle 71, Dean Lewis 5/14, Athenkosi Mapono 2/25.
- Ramblers 52 (16.4): Jermaine Jeona 5/23, Monray Willeman 3/14, Reavan Plaatjies 2/3.
- Pacaltsdorp wen met 87 lopies.
Pirates United teen NMU Madibaz George
- Pirates united 144 (45.1): Irvin Campher 37, Bronwill Goeda 29, Bailey Aarons 2/17, Todd Walker 2/24, Matt Bolttler 2/26, Joshua Kleu 2/26.
- NMU Madibaz George 145/8 (26.2): Todd Walker 52, Bailey Aarons 21*, Bronwell Goede 5/38, Darryl Sigula 2/47.
- NMU Madibaz George wen met twee paaltjies.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'