OUDTSHOORN NUUS - Union Stars vroue-krieketspan het gister, 18 Maart vir Harlequins Forces met 9 paaltjies in die SWD Vroueklubtoernooi-eindstryd oorrompel.
Die wedstryd is by die Six Gunn Grill-stadion beslis.
Met hierdie oorwinning het Union Stars hul agste agtereenvolgende titel as kampioene van dié toernooi ingepalm!
Harlequins het eerste gekolf en is vir 'n beskeie 22 lopies na slegs 13.5 boulbeurte, almal uit uitgehaal.
Die ervare boulpaar van die Garden Route Badgers-vrouespan, Miceala Andrews (3/9 in 5 boulbeurte) en Jané Winster (5/4 in 5 boulbeurte), was veral vernietigend met die bal.
Union Stars (24/1), het slegs 2.2 boulbeurte nodig gehad om die teiken te oortref.
Mieke de Ridder was onoorwonne op 16 lopies van slegs 12 balle. Haar beurt het twee viere ingesluit.
Die Union Stars-vrouekrieketspan vier hul oorwinning. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'